" Reën in die Bosveld " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #87874] |
Wed, 03 December 2003 03:19 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
D.J. Opperman
Reën in die Bosveld
Lang maande lê die reënboog
in 'n miershoopgat gekrul,
blink en nat soos 'n voël se oog.
En winternagte as die steenuil fluit,
blaas 'n wit os op die rivier
dik mis teen riete en die walle uit.
Maar een middag bulk hy in die poort, swaai boos
sy horings oor die klowe,
en uit 'n miershoop vlieg die voël omhoog.
|
|
|